Local newsNews

Student maak 200 komberse bymekaar vir San Michele

Sy kon, as gevolg van die Covid19 Pandemie en voorsorgmaatreëls, nie self die komberse aan die inwoners oorhandig nie.

‘n Derdejaarstudent van die NWU, Suzette van Rooyen, het onlangs gesorg dat elke inwoner van die San Michele Tehuis ‘n warm kombersie ontvang.

Suzette het ‘n inskrywing op Facebook gesien dat die tehuis ‘n tekort aan komberse het en besluit om aan die werk te spring.

Sy het ‘n advertensie ontwerp en dit op Facebook geplaas en gou het komberse en  ook kontant donasies ingestroom.

Sommige van die inwoners van die San Michele Tehuis met die kombersies wat hul ontvang het.

Sy het die kontant aangewend om die laaste 50 kombersies aan te koop, waarna sy uiteindelik 200 komberse aan San Michele kon besorg.

Sy kon, as gevolg van die Covid19 Pandemie en voorsorgmaatreëls, nie self die komberse aan die inwoners oorhandig nie, maar was tog verheug toe ‘n foto met sommige van die baie gelukkige ontvangers vir haar aangestuur is.

Volgens Suzette het donasies gekom van sovêr as Potchefstroom, Lydenburg en Amersfoort om ‘n paar plekke te noem.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button