Lekker biltong op die spel vir Pa

Ons is op soek na 'n foto wat die spesiale band tussen 'n pa en sy kind/kinders uitbeeld.

Vadersdag word volgende Sondag (21 Junie) gevier.

Die Covid-19 pandemie en die inperking, wat daarmee gepaard gaan, het ‘n demper op baie gebeurlikhede geplaas maar daar is geen rede om nie die spesiale dag te vier nie.

Met die oog hierop nooi ons lesers uit om vir ons pa en kind foto’s te stuur.

Die foto wat ons oog vang, sal ‘n heerlike biltong geskenkpak, wat deur Bella’s Biltong in Dalview geborg word, aan die pa besorg.

Onthou ons is op soek na ‘n foto wat die spesiale band tussen ‘n pa en sy kind/kinders uitbeeld.

Dit kan ‘n prettige foto wees, of iets meer ernstig.

Onthou ook die volgende:

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Exit mobile version