Tuisgemaakte drank dalk oorsaak van man se dood

Sy is meegedeel dat haar man oorlede is en dat haar stiefpa se toestand kritiek was.

‘n Familie van die dorp is in rou gedompel nadat ‘n 34-jarige pa van twee Dinsdagoggend oorlede is, vermoedelik nadat hy tuisgemaakte drank gedrink het.

Die Herald het vanoggend (Vrydag) met ‘n familielid van die oorledene, Juan Joubert gepraat.

Sy het gesê dat die gesin besig was om reëlings vir die begrafnis in plek te kry en dat dit ‘n moeilike tyd vir almal is.

Juan en sy 29-jarige vrou, met wie hy twee jaar getroud was, was veertien jaar saam.  Hulle kinders is ses en agt jaar oud.

Sy vrou (wie het versoek het dat haar naam nie gepubliseer word nie) se stiefpa (45), wat glo ook van die drank gedrink het, is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

Volgens Juan se vrou het hulle verlede week drank by iemand aan die Oos-Rand bestel en het hulle dit Saterdag ontvang.

Sy het aangedui dat hulle Saterdagaand by vriende gebraai en van die drank gedrink het. Hulle het ongeveer 1vm by die huis gekom.

Die vrou het die Sondagoggend glad nie lekker gevoel nie en Juan het, volgens haar, ook nie goed gelyk nie.

Hulle en die stiefpa is egter later die dag na dieselfde vriende, waar hulle ‘n potjie gemaak het en weer van die drank gedrink het.

Hulle het tussen 6nm en 7nm na hul huis terug gekeer en het gaan slaap.

Volgens die vrou moes Juan Maandagoggend gaan werk het, maar was hy glo baie verwar en van balans af.

Daar is ‘n besluit geneem dat hy nie sou gaan werk nie en die egpaar het weer vir ‘n rukkie gaan slaap.

Volgens Juan se vrou het hulle om 11vm na ‘n dokter gegaan.

Die dokter het glo aanbeveel dat hulle later moes terug keer indien hulle nie beter voel nie.

Juan en die stiefpa se toestand het nie verbeter nie en al drie is Maandagaand ongeveer 7nm na die Verre-Oosrand Hospitaal.

Volgens die vrou was daar vinnig opgetree. Sy het beter gevoel maar is later die aand ingelig dat dit nie goed gaan met Juan nie en dat hy aan ‘n ventilator gekoppel was.

Sy het die hospitaal eers om 3vm verlaat en het Dinsdagoggend teruggekeer.

Sy kon Juan sien en het vir hom gebid terwyl sy ‘n ruk by hom vertoef het.

Die vrou het besluit om vir ‘n rukkie huis toe te gaan om te rus maar is, voordat sy die hospitaal kon verlaat, teruggeroep.

Sy is meegedeel dat haar man oorlede is en dat haar stiefpa se toestand kritiek was.

Volgens haar was Juan ‘n persoon wat almal gelukkig wou sien.

Hy was altyd reg met ‘n grappie en wanneer hy kon visvang was hy op sy gelukkigste.

Die familie wil hul, op die stadium, nie uitlaat oor die plek waar die drank gekoop is nie maar wil tog die publiek waarsku om nie onwettige of tuisgemaakte drank te koop nie.

Volgens inligting is daar ‘n geregtelike ondersoek aan die gang.

Die moontlikheid dat ander mense ook van die drank gekoop het word nie uitgesluit nie.

Lees: Three wanted for questioning in bottle store robbery case

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version