Editor's noteLocal newsNews

Kunstenaar verdryf inperking-frustrasie só

Muurskilderye is sy spesialiteit en hy geniet om dit te doen.

Die inperking, as gevolg van Covid-19, het gesorg dat mense oor die algemeen meer tyd op hul hande het as gewoonlik.

Brenthurst inwoner Mike Slattery (60) is een wat maar te goed weet dat die inperking ‘n lelike houvas op ‘n mens kan hê.

Dié kunstenaar het egter besluit om sy talent in te span om die tyd te verdryf.

Die resultaat is dat die buitemure van ‘n woning in Brenthurst nou met verskillende tonele, wat deur hom geskilder is, spog.

Mike, wat ‘n bestaan maak uit sy muurskilderye en as tekenkunstenaar, het dit moeilik gevind om sedert die aanvang van die inperking ‘n inkomste te verdien, soos derduisende ander Suid-Afrikaners.

Hy beoefen al vir die afgelope 40 jaar kuns en baie van sy werk is by skole in die dorp en omliggende dorpe te sien.

“Ek woon tans by familielede en met hul toestemming en met verf wat ek gehad het, kon ek darem so bietjie van die tyd verdryf en my passie steeds uitleef,” het Mike gesê.

Muurskilderye is sy spesialiteit en hy geniet om dit te doen.

“Hopelik sal ek, namate die inperking verslap word, weer kan werk om my inkomste aan te vul,” het Mike gesê.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button