Editor's choiceNewsSchools

Inperking keer Ankers nie om te redeneer

Deelnemers het 'n tydgleuf gekry en moes dan hul toespraak aanlyn doen.

Covid-19 en die grendeltydperk waarin die land verkeer het onlangs nie verhoed dat Hoërskool Die Anker se redenaarspan presteer het nie.

Aangesien die Con Spirito Kunswedstryd se redenaars en openbare toespraak-kompetisie nie op konvensionele wyse kon plaasvind nie is daar ‘n plan gemaak en het die kompetisie Woensdag via Skype en WhatsApp oproepe plaasgevind.

Beoordelaars het punte toegeken en die deelnemers se uitslae per e-pos aan hulle terug gestuur.

Die Ankers wat uitmuntende punte ontvang het is Marjolandi Geyser (graad 11) wat 93 persent vir Afrikaans en 94 persent vir Engels ontvang het.

Marjolandi Geyser.

Rewaldo Stoltz (graad 11) spog met 95 persent vir Afrikaans.

Rewaldo Stoltz.

Victor Naudé (graad 10) het 93 persent vir Afrikaans en 96 persent vir Engels behaal.

Victor Naudé.

Mario Do’Ofaustin (graad nege) het vir sy Afrikaans 90 persent ontvang en vir Engels 92 persent.

Mario Do’Ofaustin.

Channelle Liebenberg spog met 88 persent vir Afrikaans.

Channelle Liebenberg.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

Related Articles

Back to top button