MunicipalNews

Toe deure vir publiek wat rekeninge wil betaal

Daar is nie eens ‘n kennisgewing, wat verduidelik wat die situasie is nie.

Die publiek wat vanoggend opgedaag het om hul munisipale rekeninge te betaal of duplikaat state te kry, het voor geslote deure by die Brakpab se kliënte dienssentrum te staan gekom.

Volgens inligting het die kantore glad nie oopgemaak nie en alhoewel mense reeds vanaf 7.30vm in ‘n lang ry gestaan en wag het, is hulle later meegedeel dat die kantore nie vandag sou oopmaak nie.

‘n Inwoner, wat die Herald gekontak het, het gesê dat sy gehoor het dat daar nie maskers en handskoene beskikbaar was vir die personeel nie. Dit kon nie bevestig word nie.

Die Herald het gaan ondersoek instel en tientalle mense teëgekom wat besigheid wou doen.

Adriaan van Wieringen van Brenthurst wou duplikaatstate kry van sy munisipale rekening en moes hoor dat hy maar moes omdraai en huis toe gaan.

Lees: Eienaars van kleinsake ondernemings erg deur inperking geraak

“Dit is nie aanvaarbaar nie. Daar is nie eens ‘n kennisgewing, wat verduidelik wat die situasie is of wanneer die kantore weer sal oop wees vir besigheid nie,” het hy gesê.

In die tyd dat die Herald teenwoordig was het talle mense hul misnoeë te kenne gegee. Die meerderheid was erg gefrustreerd.

Die Herald het gepoog om antwoorde te kry maar is meegedeel dat die persoon, wat moontlik sou kon help, in ‘n vergadering was.

Kommentaar is intussen van die Stad van Ekurhuleni versoek en indien dit ontvang word sal dit gepubliseer word.

Sekuriteitswagte het die publiek meegedeel dat die kantore wel môre oop sal wees.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za

or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 or Miné Fourie (journalist) minev@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

 

Related Articles

Back to top button