Editor's noteLocal newsNews

Elke bietjie help om kos by hongeres te kry

Derduisende mense sukkel om kop bo water te hou.

Die Covid-19 pandemie wat die land deeglik in sy greep het bring meer as net die virus of die siekte na vele mense se drumpel.

Derduisende mense, waarvan sommige voor die pandemie reeds ‘n sukkelbestaan gevoer het, sukkel om kop bo water te hou.

Om elke dag iets te hê om te eet is vir baie mense ‘n luuksheid.

Gelukkig is daar talle barmhartige Samaritane en organisasies wat poog om die nood te verlig.

Die personeel van Joe’s Automotive in Voortrekkerweg het Vrydag, met die hulp van vrywilligers, toebroodjies gemaak en onder hawelose en honger mense van die dorp versprei.

“Ons sien dat die nood groot is en indien elkeen, wat daartoe in staat is, ‘n klein bydrae kan maak sal dit tog ‘n verskil maak,” het Johan Kotze jnr eienaar van Joe’s Automotive gesê.

Lees: Inperking sorg vir swaarkry, tog is daar dié wat steeds gee

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button