Editor's noteLocal newsNews

Just Wheels en Helpende Hand reik uit na dié wat swaarkry

Die vroue van die klub het hard gewerk en ‘n groot hoeveelheid sop gekook.

Solidariteit Helpende Hand het verlede week ‘n skenking 700 kilogram vars sampioene in Bronkhorstspruit ontvang.

Die sampioene is deur ‘n motorfietsklub na die Just Wheels Klubhuis in Brakpan gebring waarna die lede ingespring het om die sampioene te verwerk.

“Ons het ook ‘n groot skenking van aartappels ontvang en van ons klublede het hoendervleis geskenk,” het Bart Zaayman van Just Wheels gesê.

Virgi La Vos het bont gestaan agter die potte.

“Die vroue van ons klub het hard gewerk en ‘n groot hoeveelheid sop gekook,” het Zaayman gesê.

Hy het bygevoeg dat daar te veel sampioene was om te verwerk en dat dit geskenk is aan die AGS Kerk, Betesda, die NG Kerk, Dalpark, Huis Jabez en ander instansies.

Zaayman het gesê dat die sop sowat 400 honger mae gevoeg het.

“Ons gaan egter nie hier ophou nie wat die voedsel krisis gaan erger raak. Just Wheels werk saam met Solidariteit Helpende Hand en twee raadslede en ons sal help waar ons kan,” het Zaayman gesê.

Persone wat voedsel wil skenk kan vir Hannetjie van der Mescht by 082 263 7567 skakel.

Gert Coetzer het fluks hand bygesit

Lees: AfriForum se Brakpan-tak staan gemeenskap by tydens inperking

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button