Editor's choiceLocal newsNews

AfriForum se Brakpan-tak staan gemeenskap by tydens inperking

Kapelaansdienste is tydens 19 dwelmverwante sake aangebied.

Die AfriForum Brakpan-tak het in samewerking met die Dalpark Kaléo NG Gemeente ’n sentrale punt geskep waar skenkings van onder meer noodsaaklike kos en klere gekoördineer kan word.

Skenkings word bymekaargemaak, billik verdeel, verpak, en geadresseer.

Die Brakpan-taklede word vandaar ingespan om die aflewerings van skenkings na behoeftige en verdienstelike gesinne te neem.

“Nagenoeg 15 gesinne word reeds op hierdie wyse versorg.

“Ou inkleurboeke, inkleur- en vetkryt, speelgoed en speletjies is ook uitgedeel om die impak van die inperking op die kleuters en kinders te verlig,” het Gerhard Cilliers, AfriForum se Brakpan-takvoorsitter gesê.

Lees: Inperking sorg vir swaarkry, tog is daar dié wat steeds gee

Hy het bygevoeg dat AfriForum se beradingsdienste in Brakpan ook mense bystaan tydens die krisistyd.

“Kapelaansdienste is tydens 19 dwelmverwante sake aangebied, asook drie beradingsessies en besoeke aan ’n plek van tydelike veilige bewaring vir mense met dwelmprobleme.

“Meer as 50 ure se vrywillige diens is uiteindelik aan die gemeenskap verleen,” het Cilliers gesê.

Lede van die Brakpan-tak het ook in samewerking met Meals-On-Wheels op ’n daagliks basis bystand verleen in die bediening van meer as 500 maaltye aan hawelose mense.

“Dit behels voorbereiding van maaltye, die toepassing van sosiale distansiëring en die dokumentering van behoeftiges wat deur Ekurhuleni-metro na plekke van veiligheid geneem moet word,” het Cilliers verduidelik.

Stephanus ‘Butch’ Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oosrand, het gesê dat dit belangrik is dat gemeenskappe mekaar steeds tydens die inperking bystaan en vir mekaar hoop skep.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button