Lede van die Brakpan SAPD in samewerking met lede van die Brakpan Radio Groep asook lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het vanmiddag (Maandag) talle motoriste in die middedorp voorgekeer en ondervra.
Ten spyte van die inperking wat in werking is, het die middedorp vanoggend gewemel van voertuie asook voetgangers.
Dit wou voorkom asof die optrede, op die hoek van Prince Georgelaan en Voortrekkerweg, vir ‘n wyle die gewenste uitwerking gehad het aangesien die verkeer na sowat 20 minute aansienlik afgeneem het.
Motoriste is gevra waarheen hul op pad was en is gemaan om by die reëls van die inperking te bly.
Die 21 dae inperking is in plek gestel in ‘n poging om die verspreiding van die koronavirus te bekamp.
Niemand is in hegtenis geneem nie.
Meer foto’s:
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter