Só kan jy vanmiddag die DBV help

Die Oosrand 911 Zello-groep koördineer die insameling.

Die 21 dae inperking, as gevolg van Covid-19, bring uitdagings vir almal en die Brakpan Dierebeskermingsvereniging is nie ‘n uitsondering nie.

Die DBV kan in die tyd geen fondsinsamelingsprojekte aanpak  nie en gewone dienste en verkope, wat fondse genereer, kan ook nie voortgaan nie.

Persone, wat vanmiddag om 4nm in die omgewing van Sherwood Pick n Pay is, kan blikkies honde- of katkos asook droë kos skenk vir die Brakpan DBV.

Die Oosrand 911 Zello-groep, wat die insameling koördineer, sal ‘n voertuig naby  Ultra Liquors Sherwood hê, waar die skenkings ingehandig kan word.

Lees: NSPCA warns about misinformation regarding Covid-19 in animals

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Exit mobile version