Local newsNews

KYK: Skool waarsku na ouer in aanraking was met persoon wat positief toets vir koronavirus

Die graad drie leerder en sy ouers is in self isolasie geplaas.

Die hoof van die Laerskool Dalview, Chris Pretorius, het Maandag in ’n omsendbrief, wat aan die ouers van die skool gerig is, gevra dat ouers kennis moet neem dat ’n ouer van een van die leerders in kontak was met ’n persoon wat positief getoets is vir die koronavirus.

“Die spesifieke leerder was Maandag by die skool, aangesien sy ouers nie bewus was van die feit dat die pa met ’n persoon, wat positief getoets is, in aanraking was nie,” het Pretorius gesê.

“Nadat die ouers daarvan bewus geword het, het hulle onmiddellik die skool gekontak en ons het dadelik aksie geneem.”

Pretorius het voorts gesê dat die graad drie leerder en sy ouers in self isolasie geplaas is.

“Geen simptome is tans geïdentifiseer nie en volgens my inligting sal die gesin in isolasie bly en indien simptome opduik sal hulle getoets word.”

“Die ouers het onderneem om my op hoogte te hou en ek onderneem om Dalview se ouers op hoogte te hou,” het Pretorius gesê.

Hy het bygevoeg dat die inligting aan die ouers deurgegee is sodat almal bedag moet wees vir moontlike simptome en sodoende dienooreenkomstig kan optree.

Skole sluit vandag amptelik tot 14 April.

Die maatreël is een van die vele wat Sondag deur pres Cyril Ramaphosa aangekondig is om die verspreiding van die koronavirus (Covid-19) te bekamp.

Die publiek word aangeraai om die koronavirus-hulplyn te skakel by 0800 029 999 wanneer daar enige vermoede oor ’n koronavirus geval is.

Video: Die hoof van die Laerskool Dalview, Chris Pretorius verduidelik die toedrag van sake.

Lees: MEC to engage parents of Martin Primary on Covid-19 concerns

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:hyperlink

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button