Jong sjef kry inspirasie uit Istanbul

Ons kon die strate tot laat in die aand bewandel sonder om onveilig te voel.

’n Belowende jong sjef van die dorp het in Februarie ’n onvergeetlike ervaring beleef danksy haar harde werk en toewyding.

Nikita Kotze (21) was een van vyf sjef studente wat die strate van Istanbul, Turkye, gaan plat loop het en met hope idees en inspirasie teruggekeer het.

Dié studente was die Capsicum Culinary Studio se top vyf gegradueerdes vir 2019 en is beloon met ’n toer na Istanbul.

Nikita Kotze het onlangs die geleentheid gekry om Istanbul te verken.

Volgens Nikita, wat ’n oud-leerder van die Hoërskool Stoffberg is, het sy ’n intense drie jaar kursus voltooi en het sy somtyds tot 18 uur skofte gewerk om die praktiese gedeelte te voltooi.

Sy het egter nie laat slaplê met die teorie nie en kan spog met ’n gemiddeld van 95 persent.

“Om in aanmerking te kon kom vir die top vyf studente was daar verskeie kategorieë en kriteria waarna gekyk is.

“Daar was onder andere die praktiese assessering en eksamens, wat internasionaal geskryf word.

“Daar is ses Capsicum Culinary Studios in Suid-Afrika en almal het meegeding vir die top vyf toekennings,” het Nikita verduidelik.

“Die harde werk was beslis die moeite werd en toe ons uiteindelik in Istanbul geland het, het die werklikheid ingesink,” het sy vertel.

“Ons het ’n toergids gehad wat ons na al die bekende besienswaardighede geneem het en my mond het behoorlik oopgehang,” het Nikita vertel.

Dit was veral die Haga Sophia, een van die wêreld se argitektoniese wonders, en die Blou Moskee wat vir Nikita uitgestaan het.

Die Blou Moskee is bekend vir die asemrowende interieur wat hoofsaaklik uit blou mosaïekteëls bestaan en inderdaad ’n uitsonderlike mooi moskee is.

“Natuurlik was die besoek aan die Grand Bazaar ook iets wat ek nie gou sal vergeet nie,” het Nikita gesê.

Sy was baie ingenome met die kos wat in die land beskikbaar is.

“Dit is een van die wêreld se grootste binneshuise markte en daar is letterlik duisende winkels,” het sy opgewonde vertel.

“Dan was daar ook die ou kastele en historiese geboue en die hawe was beslis ’n belewenis.

“Ons besoek sou egter sinneloos gewees het indien ons onsself nie vereenselwig het met die voedsel wat in die land geëet word nie.

“Dít het ons met oorgawe gedoen,” het Nikita vertel.

“Ons het alles probeer, van ‘street-food’ tot ‘fine dining’ en alles was ongelooflik.

“Skaapvleis word oor die algemeen die meeste gebruik en die gebruik van aubergine (eiervrug) in meeste van die geregte is kenmerkend.

“Ek sou hulle kos as Mediterreens geïnspireerd met ’n Griekse ‘twist’ beskryf,” het Nikita gesê.

“Die Turkse lekkergoed, die reuk van speserye en van verskillende soorte koffie en tee is iets was my altyd sal bybly,” het Nikita gesê.

“Die atmosfeer was onbeskryflik. Daar was straatsangers net waar jy kyk en ons kon die strate tot laat in die aand bewandel sonder om onveilig te voel.”

Meer foto’s: https://www.citizen.co.za/brakpan-herald/215986/belowende-jong-sjef-beloon-vir-harde-werk/

Nikta sê dat sy en die ander, wat saam met haar gereis het, deeglik bewus was van die korona virus.

“Ons het aan die begin van Februarie gereis en toe was die virus nog nie so wyd verspreid soos dit tans die geval is nie.

“Ons het egter voorkomend opgetree en is getoets toe ons na Suid-Afrika teruggekeer het,” het sy gesê.

Lees: Video: Local schoolgirl makes New York Fashion Week debut

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Exit mobile version