VLU-lede ontvang erkenning vir hul handewerk

Lede neem gedurende die loop van die jaar aan verskillende kompetisies deel.

Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie het Dinsdagoggend ’n prysuitdeling gehou.

Lede neem gedurende die loop van die jaar aan verskillende kompetisies deel. Beoordeling van hul handewerk word deur beoordelaars gedoen en lede versamel deur die jaar punte.

MEER FOTO’S: Brakpan VLU hou prysuitdeling

Lede wat Dinsdagoggend trofeë ontvang het is (van links) Alta Prinsloo (streekvoorsitter, wat die trofeë uitgedeel het), Lena Smit (gebak en mikrogolf), Bonnie Pieterse (kreatiewe skryfwerk), Alet Neveling (oop afdeling), Sylvia Smith (gebottel asook die meeste punte) en Ria Coetzee (hekelwerk en die tweede meeste punte). Die trofeë vir naaldwerk, fotografie en breiwerk is toegeken aan Susan Potgieter, ’n lid wat verlede jaar oorlede is. Afwesig: Deloris van Rooyen (vasgesteld en blomme).

LEES: Jackie is aan die stuur van sake by die VLU

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

Exit mobile version