Editor's noteLocal newsNews

Jackie is aan die stuur van sake by die VLU

Deur die loop van die jaar word praatjies en demonstrasies deur kundige persone aangebied.

Jackie Lavos (59) is onlangs gekies tot die nuwe voorsitter van die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie. Die Herald het ’n paar vrae aan Jackie, wat in Wright Park, Springs woon en met Virgie (63) getroud is, gestel.

• Hoe lank is jy al ’n lid van die Vroue Landbou-unie?

Ek is al 15 jaar lank betrokke by die VLU.

• Het jy voorheen op die komitee gedien?

Ja, ek was voorheen die voorsitter van die Springs-tak en het ook al as vise-voorsitter by die Brakpan-tak gedien.

• Wat behels jou pligte as voorsitter van die tak?

Die voorsitter moet die vergadering lei en moet ook betrokke wees by streeks- en provinsiale aktiwiteite.

LEES: VLU skop 2020 af met nuwe bestuur

• Sou jy ander vroue aanraai om aan te sluit, en hoekom?

Dit is beslis die moeite werd. Dit is die ideale plek om nuwe vriende te maak en die VLU leer jou om jou talente uit te leef.

• Wat doen jy graag in jou vryetyd?

Ek geniet dit om te lees en dan ontspan ek ook lekker.

• Waar is jou gunsteling vakansieplek en hoekom juis die plek?

Ons gaan nie juis met vakansie nie. Ons het ’n plekkie by die Vaaldam en gaan gereeld soontoe. Daar is ’n rustigheid wat ons baie geniet.

• Kan jy sonder ’n selfoon leef?

Ek glo ek sal kan.

• Verkies jy dit om uit te eet of liewer self kos te maak?

Ek geniet dit baie om self kos te maak, maar om so nou en dan te gaan uit eet is ook lekker.

• Watter gereg kan jy toe oë maak sonder dat dit flop?

Ek kan ’n baie lekker hoender lasagne maak.

• Het jy nog enige doelwitte wat jy graag wil bereik?

Ek sal baie graag my kleinkinders wil sien groot word en as daar agterkleinkinders is, wil ek hulle ook sien groot word.

• Wat sal mens altyd in jou handsak vind?

LEES: Sluit aan by die Vroue Landbou-unie

Ek dra nie ’n handsak nie.

• Op wat sal jy geld spandeer sonder om twee keer te dink?

Baie beslis op ’n vliegtuigkaartjie na Switserland in die winter.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button