Valentynsdans ten bate van Karlien Roets

Karlien Roets is met breinbeserings gelaat nadat ’n kombuiskas op haar geval het.

’n Fondsinsamelingsprojek ten bate van Karlien Roets word op Valentynsdag by die Full Monty aangebied.

Dié vier-jarige dogtertjie is met ernstige breinbeserings gelaat nadat ’n kombuiskas op haar geval het.

Sy word tans by haar ouerhuis in Afrikanerweg versorg en die gesin se mediese uitgawes is enorm.

Lees: Terapiehond ingespan om Karlien te help

Belangstellendes kan uitsien na ’n smaaklike driegang-maaltyd en dans by die Full Monty.

Daar is 12 tafels, waaraan 10 mense kan sit, beskikbaar. Die geleentheid sal om 7nm begin.

Indien jy kaartjies wil koop, skakel vir Karen Roets by 074 963 8955.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
Exit mobile version