Editor's choiceLocal newsNews

Hond wat beseer is danksy vuurwerke soek goeie huis

Daar ook na ‘n goeie huis vir Jax gesoek word.

Personeel van die Brakpan DBV het gedurende die feesseisoen, maar veral op Oujaarsaand, hul hande vol gehad om verskrikte diere te hulp te snel.

Die gebruik van vuurwerke, wat in elke woonbuurt van die dorp weergalm het, het daartoe gelei dat talle troeteldiere beseer en verlore geraak het.

’n Jack Russel, met ’n gapende wond aan sy borskas, is na Oujaarsaand na die DBV gebring.

Lees: New Year’s celebrations a nightmare for animals and humans

“Dit blyk dat die hondjie verskrik geraak het en in ’n palissadeheining vasgesit het en sodoende die wond opgedoen het,” het Sanette Bosman, voorsitter van die DBV se komitee gesê.

Die Jack Russel, wat intussen die naam Jax gekry het, moes na ’n veearts geneem word waar ’n operasie op hom uitgevoer is.

Gelukkig gaan dit nou voor die wind met Jax maar dit het die DBV met ’n veeartsrekening gelaat.

Dit gaan nou baie beter met Jax en daar word na ’n liefdevolle huis vir hom gesoek. Mariska Venter van die Brakpan DBV hou hom vas.

“Enige hulp van die publiek om die rekening te vereffen sal baie hoog op prys gestel word,” het Bosman gesê.

Sy het bygevoeg dat daar ook na ’n goeie huis vir Jax gesoek word.

“Jax, wat so tussen drie en vyf jaar oud is, het ’n wonderlike persoonlikheid en hy verdien ’n liefdevolle huis,” het Bosman gesê.

Persone wat donasies wil maak kan die volgende bankbesonderhede gebruik:

Brakpan SPCA, Standard Bank, rekeningnommer 020 922 094 takkode 012 042, verwysing JAX.

Persone wat belangstel om Jax aan te neem kan vir Mariska Venter of Sanette Bosman kontak by 011 742 2007.

Lees ook: Kleintjies skenk kos aan die DBV

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button