AfriForum Brakpan het Saterdag geen moeite ontsien om vir die publiek die geleentheid te bied om die dorp se 100ste bestaansjaar te vier nie.
Alhoewel die belangstelling van die publiek nie na wense was nie, het ’n baie besondere gebeurtenis tog gesorg vir ’n hoogtepunt.
Die publiek, besighede en skole is vooraf versoek om items vir ’n tydkapsule te skenk.
Die plan is om die kapsule, wat by Laerskool Môrewag begrawe is, oor 50 jaar op te grawe.
’n Uitgawe van die Brakpan Herald is ook in die tydkapsule geplaas.
Lees ook: VIDEO: AfriForum herdenk dorp se 100ste bestaansjaar
Ander items het ingesluit skoolklere en rekords van Laerskool Môrewag, rekords van Laerskool Dalview, CD’s van kunstenaars wat Saterdag opgetree het, pamflette en brosjures van besighede, ’n Eeufeesjoernaal, hedendaagse munte, ’n selfoon, ’n digitale kamera, ’n polshorlosie, speelgoed, ’n blikkie bier, ’n bottel port, bietjie mampoer en sade.
’n Volledige stel rekords van AfriForum Brakpan-tak se geskiedenis, vanaf die stigting in 2016 tot nou, insluitend AfriForum hoofkantoor se volledige gedokumenteerde korrespondensie met die tak en dorpslui is ook in die tydkapsule geplaas.
Die kapsule is om 6nm begrawe nadat ds Koos Nel ’n gebed gedoen het. Die gat is daarna deur ’n groep kinders toegegooi.
Meer foto’s: AfriForum Brakpan begrawe tydkapsule vir die nageslag
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms: