Inwoners van Minnebron, Sunair Park en Rand Collieries word uitgenooi na ‘n gemeenskap braaidag wat Saterdag (26 Oktober) plaasvind.
Die hoofdoel van die samekoms is om oor misdaadbekamping te gesels en ook om mekaar te leer ken.
Lees ook: Gemeenskapsmark was ‘n lekker gedoente
Inwoners kan vanaf 2nm in die park tussen Jim Vining- en George Troskiestraat bymekaar kom.
Die organiseerder en gasspreker is Chris Hattingh van die Minnebron Patrolleerders wat ook die inwoners om 3nm sal toespreek oor veiligheid en misdaadbekamping in die bogenoemde woonbuurte.
Belangstellendes word versoek om gazebo’s saam te neem.
Persone wat verkies om nie te braai maar wel belangstel in die bespreking sal ook welkom wees.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms: