Local newsNews

Musiekblyspel vir oud en jonk

Lappop, Die Musical, word op 18, 19 en 20 Oktober elke middag om 3nm by die AGS Kerk Brakpan-Wes opgevoer.

Vanjaar is dit ’n honderd jaar gelede dat die eerste musiekblyspel in rolprentteaters begin draai het.

Om hierdie geleentheid te vier, het die seniors van die AGS Kerk Brakpan-Wes en leerders van Die Eike Kunste- en Leersentrum saamgespan en Lappop, die bekende kinderliedjie van Betty Mischeiker, in ’n musiekblyspel omskep.

Die draaiboek is deur Rosie Marks, hoof van Die Eike Kunste- en Leersentrum, geskryf en die regie word gedoen deur Lettie Jordaan. Die rol van Lappop word deur Engela van Lelyveldt vertolk.

Lappop word op die ashoop gegooi. Sy voel “niks meer werd nie”, totdat sy die ander karakters op die ashoop ontmoet.

Vrot pampoen, stukkende skoen, grammofoonplaat, kous sonder maat, leë bottel bier, verlepte angelier, gelapte binneband en ou koerant laat haar gou tuis voel.

Lees: Skoolvriende na 50 jaar weer saam

Maar o, weë! Elkeen van hulle het ’n geraamte in die kas. Nou is die vraag: Is daar lewe anderkant die ashoop?

“Die hele aanbieding is ’n baie groot uitdaging aangesien dit as realiteitsanimasie aangebied word,” het Marks gesê.

Stemkunstenaars Anette Cloete, Danté van den Bergh en Michael Young is al drie gesiggestremd.

Hulle kwyt hulle egter baie goed van hulle taak.

“In die Del Arté Kunswedstryd het hulle vroeër vanjaar Lappop as ’n radiodrama opgevoer en daarmee A++ verdien,” het Marks gesê.

“Die musiekkeuses is uitstekend en oud en jonk sal daarvan hou,” het sy bygevoeg.

Kaartjies kan verkry word van Korné Basson by 072 476 9006 of Marks by 082 953 1612.

Die AGS Kerk Brakpan-Wes is te Witpoortjieweg 122, Rand Collieries, geleë en kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button