Editor's noteLocal newsNews

Skoolvriende na 50 jaar weer saam

Twaalf oud-leerders en drie oud-onderwysers het heerlik saam gekuier.

Daar is onlangs lekker gekuier by die Brakpan Rugbyklub toe ’n groep oud-leerders van die Laerskool Brakpan-Oos vir hul 50-jaar reünie bymekaar gekom het.

Twaalf oud-leerders en drie oud-onderwysers het heerlik saam gekuier met die huidge hoof van die skool, Gideon Bubb.

Bubb het self ’n lang en kleurryke geskiedenis met die skool, waarvan hy ook ’n leerder was en hy sy eerste onderwyspos aanvaar het.

Hoogte- en laagtepunte van die ou dae was onder bespreking en daar is weer met die doen en late van elkeen opgevang.

Lees: Reünie word beplan

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button