NewsSchools

Corné laat die rekords spat

Die Anker se eerste krieketspan het in die Easterns Silwerliga deelgeneem.

Corné Mulder, ’n matrikulant aan Hoërskool Die Anker, het sy naam onlangs in die rekordboeke van die skool in gekolf.

Die Anker se eerste krieketspan het op 15 Augustus in die Easterns Silwerliga te staan gekom teen Lethulwazi Secondary School en het behoorlik die krane oop gedraai.

’n Reuse totaal van 295 lopies in 20 boulbeurte is aangeteken deur Die Anker, danksy ’n skitter beurt van 194 lopies deur Mulder.

Lees: Nuwe leiers neem die leisels oor

Hierdie 194 is aangeteken van slegs 74 balle, wat 23 viere en 12 sesse ingesluit het.

“Dis die hoogste individuele totaal wat ’n Anker speler nog ooit aangeteken het,” het Corneel van Dyk, sportorganiseerder van Die Anker, gesê.

Anker het op sy beurt vir Lethuluwazi Secondary almal uitgeboul vir 26 lopies, met Damian Menezes wat welverdiend ses paaltjies plat getrek het.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button