Ses-jarige wikkel die eerste prys los

Die vrolike kind is dol oor dans en kan omtrent haar lyfie wikkel wanneer daar ’n liedjie speel waarvan sy hou.

 

’n Jong inwoner van die dorp, Mia Human (6), het onlangs die Elite Tiny Hip-Hop eksamen in Boksburg afgelê, waar sy groot sukses behaal het.

Mia het aan die begin van verlede jaar by die Elite Beat Dance Academy aangesluit. Dit word as ’n ekstra aktiwiteit by Laerskool Die Arend se pre-primêre fase aangebied.

Sy het kort daarna haar heel eerste hip-hop eksamen afgelê waar sy ’n vierde plek behaal het en in die Freestyle afdeling het sy die most enthusiastic-toekenning gewen.

Haar vreugde was onlangs egter baie groot toe sy by die Elite Tiny Hip-Hop eksamen teen 35 dansers meegeding het en in haar ouderdomskategorie as die wenner aangewys is.

Uit alle danssoorte wil die jong danser graag leer hoe om te sokkie. Om dié dansstyl aan te leer sal sy altyd op haar ma se voete staan wanneer haar ma dans.

Lees: Sonneveld Akademie dans in Afrikaans

Sy het ook klaar besluit wat sy eendag wil word.

“Ek wil graag ’n dansonderwyseres wees,” laat sy gou hoor.

Die klein ekstrovert het talent in oorvloed en dit stop beslis nie by dans nie.

Mia kan sing ook!

Sy het onlangs aan die East Rand Children’s Haven se talentkompetisie deelgeneem waar sy ’n eerste plek vir haar poging behaal het.

Mia hou haarself ook besig met sport soos netbal en hokkie.

Sy het ook vanjaar aan die Brakpan Kunswedstryd deelgeneem in die Afrikaans- en Engelse poësie afdelings waar sy 90 persent vir Afrikaans en 85 persent vir Engels behaal het.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version