NewsSchools

Video: Kinderkinetika hou atletiekdag

Die atletiekdag sorg elke jaar vir ’n opwindende dag waar selfs kleintjies, wat nog doek dra, hul slag op die atletiekbaan wys.

Ten spyte van bibberweer het honderde kleintjies van sommige van die dorp se kleuterskole en speelgroepe Saterdag aan Kinderkinetika se atletiekdag deelgeneem.

Kleuterskole en speelgroepe wat vanjaar deelgeneem het was Rafiki Kleuterskool, Besige Eendjies Dagsorg, Bambi Kleuterskool, Lekkerbekkies Speelgroep, Trippe Trappe Trone, Laaities en Ladies, die Hasie Paradys asook die graad R en –RR leerders van die Laerskool Dalview (Dalvoetjies).

Soos oudergewoonte het die deelnemende skole aan ’n optog deelgeneem voordat daar teen mekaar meegeding is.

Nie-bederfbare voedsel, wat onder behoeftige gesinne van die dorp versprei sal word, is ook ingesamel.

Geen moeite is ontsien om vir ’n kleurvolle vrolike dag te sorg nie. Kiara Horn (3, links) en haar sussie Lianiek (4) het Rafiki Kleuterskool verteenwoordig.
Mari Olwage en haar seun Lian (4) wie in Laaities en Ladies is.
Bjorne Esterhuizen (1) van die Kekkelbekkies Speelgroep.
Aneca du Preez (links, 6) en Miane Holmes (6) is in Trippe Trappe Trone.
Aryan de Villiers (2) is in Hasie Paradys.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button