Oud-burgemeester sterf

Hannes en sy vrou was albei 'n gebore Brakpanner.

’n Oud-burgemeester van die dorp, wat ook ’n prominente rol gespeel het in die ontwikkeling van Minnebron, is Vrydag oorlede.

Hannes van Eeden (81) was vir die 1974/1974 termyn die burgemeester van die dorp maar hy sal ook onthou word weens sy verbintenis met die Laerskool Brakpan-Oos.

Van Eeden is in Brakpan gebore waar hy ook skoolgegaan het voordat hy onderwys gaan studeer het.

Tydens sy studies het hy sy vrou, Jean (80), ook ’n gebore Brakpanner, ontmoet.

Lees: Besigheidsman oorlede

Hy het in 1961 skool gehou by die Laerskool Brakpan-Oos waar hy later as die hoof van die skool aangestel is.

Die Van Eeden egpaar het Brakpan in 1978 verlaat toe Hannes sy onderwysloopbaan in Pretoria gaan voorsit het.

Hy en sy vrou was ten tye van sy afsterwe steeds inwoners van Pretoria.

Van Eeden het ook vir die Brakpan Rugbyklub uitgedraf en het vir Oos- en Noord Transvaal pluimbal gespeel.

Hy was geweldig trots op sy drie kinders Johan (55), Catinka (53) en Michael (44) asook sy vier kleinkinders.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
Exit mobile version