Daar gaan lekker gekuier word by Carnival City

Dit beloof om ’n heerlike rugby aand vol pret en plesier te wees, om die langnaweek mee af te skop.

Die baie bekende Toks van der Linde (van Toks en Tjops-faam) en die sangpaar Christo en Cobus (van Die Broers-faam) tree Donderdagaand (8 Augustus) by Carnival City se BRU’s (Applause Teater) op.

Daar gaan heerlik rugby gesels word deur die ou grote, Toks van der Linde en die musiek gaan gemaak word deur Christo en Cobus.

Toks gaan ook ’n interessante sport vasvrae aanbied om die gaste se sportkennis te toets.

Lees: Fietsryer voor Plastic City aangeval, in gat gegooi

Hy het bekendheid verwerf as uitstekende stut vir WP en natuurlik die Springbokke.

Nadat hy uitgetree het uit rugby, het hy ’n bekende televisie-aanbieder geword met verskeie suksesvolle TV-programme soos, Oor die Kole en Toks en Tjops.

Christo en Cobus is bekend daarvoor is dat hulle ’n partytjie aan die gang kry.

Die vertoning begin om 8nm.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
Exit mobile version