Die Anker maak rugbygeskiedenis

Die wedstryde, wat spogrugby opgelewer het, is deur honderde toeskouers geniet.

Die Valke rugbyfinale (afdeling twee) het onlangs by Hoërskool Die Anker plaasgevind en al vier A-spanne van Die Anker het meegeding vir bekerglorie op die dag.

Die Anker het hul rugbykrag gewys en het al vier trofees gewen.

Die tellings was soos volg: o-14a (Anker 38 – Dr Malan 26), o-15a (Anker 26 – Oosterlig 13), o-16a (Anker 19 – Dr Malan 12), eerste span (Anker 30 – Vereeniging Gimnasium 7).

Die o-14a span.
Die o-15a span.
Die o-16a span.

Met dié vier oorwinnings het Die Anker hierdie jaar agt uit nege ligas gewen.

Die Virsekerbeker-uitspele het op 27 Julie begin vir die 4 spanne wat kragte gaan meet teen die Luiperde se wenskole.

Lees: Die Anker se rugbyspanne stel nie teleur

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
Exit mobile version