Editor's noteLocal newsNews

Foto’s: Motorskou wins maak verskil in leerders se lewens

Die skou, wat jaarliks duisende besoekers lok, is vanjaar vir die 10de keer aangebied.

Die opbrengs van vanjaar se Just Wheels Motorskou is Donderdagaand tydens ’n gesellige funksie aan die hoof van Muriel Brand Skool, dr Japie de Jager, oorhandig.

Ten spyte van moeilike ekonomiese omstandighede en die afwesigheid van groot borge is daar steeds ’n bedrag van R94 138 aan die skool geskenk.

Hanrimed Apteek, wat baie betrokke was by die skou, het tydens die funksie ’n addisionele R6 000 aan die skool oorhandig.

Personeel van Hanrimed Apteek het ’n bedrag van R6 000 aan Muriel Brand Skool geskenk. Hulle is (van links) Margie Venter, Lea Naude en Ronel Coetzer. Dirk van Reenen, wat in beheer van die 4×4-baan is, is saam met hulle te sien.

’n Dankbare De Jager het die organiseerders en almal wat betrokke was bedank.

Hy het ook die versekering gegee dat die fondse wat ingesamel word nie bloot net in die skool se rekening betaal word om algemene kostes te dek nie.

“Ons gebruik elke jaar die fondse vir ’n spesiale projek by die skool, en vanjaar sal ons weer so maak,” het De Jager gesê.

Erelidmaatskap van die Just Wheels Motorskou is aan Lily Coetzee toegeken.

Hy het ook die versekering gegee dat die finansiële hupstoot baie beslis ’n verskil in die lewens van die leerders van Muriel Brand Skool maak.

“Dit is die kinders van ons skool wat hierby baat vind,” het De Jager gesê.

Bart Zaayman, organiseerder van die skou vir die afgelope 10 jaar, het aangedui dat hy die tuig nou neerlê.

Hy het groot lof gehad vir die handjie vol besighede van die dorp wat betrokke geraak het.

Hy het egter ook sy kommer uitgespreek oor besighede wat agteroor sit en nie by ’n goeie saak betrokke wil raak nie.

Christo Grobler, onderhoof van Muriel Brand Skool, het ’n meriete toekenning van Bart Zaayman in ontvangs geneem.

“Ons het groot borge verloor, maar ons het steeds gesorg om ’n goeie bedrag vir Muriel Brand Skool bymekaar te maak.”

Zaayman het aangedui dat daar by vanjaar se skou sowat 600 voertuie uitgestal is.

Hy het ook verwys na die 4×4-baan wat reg agter die skool geleë is en tot stand gekom het danksy die motorskou.

Die aktiwiteite by die 4×4-baan, onder leiding van Dirk van Reenen, is jaarliks ’n groot trekpleister.

Van Reenen en Christo Grobler, onderhoof van Muriel Brand Skool, wat betrokke is by die reëlings van die skou het Donderdagaand ook meriete toekennings van die Just Wheel Motorklub ontvang.

Dirk van Reenen het ’n meriete toekenning van Bart Zaayman ontvang.

Erelidmaatskap is aan nog ’n groot ondersteuner en steunpilaar van die klub, Lilly Coetzee, oorhandig.

Nog ’n interessante feit wat Zaayman bekend gemaak het is dat daar ’n totaal van 3 160 pannekoeke op die dag verkoop is.

“Ons kan terug kyk en sê dat ons ’n skou van goeie gehalte aangebied het en volgende jaar maak ons weer so,” het Zaayman gesê.

Lees: VIDEO: Duisende stroom na 10de Just Wheels Motorskou

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button