VIDEO: Ontploffing in die nag laat inwoners skarrel

Dit blyk dat ‘n gassilinder van ‘n haarstilering apparaat tesame met vermoedelik ‘n klapper in ‘n PVC pyp by die hek geplaas is.

Talle inwoners van Northdenelaan se rus is Saterdagnag deur ‘n oorverdowende slag versteur wat vermoedelik deur ‘n tuisgemaakte ploftoestel veroorsaak is.

Dit was veral Jorrie (73) en Pieter (56) Jordaan wat groot geskrik het aangesien die ontploffing by hul hek plaasgevind het.

Videomateriaal wat deur ‘n inwoner in dieselfde straat beskikbaar gestel is toon duidelik hoe ‘n voertuig die huis stadig nader.

Daar kan gesien word hoe ‘n persoon terug hardloop na die voertuig en kort daarna vind die ontploffing plaas. ‘n Helder lig is duidelik sigbaar.

“Ek en my man het geslaap toe ons die verskriklike harde slag om ongeveer middernag gehoor het,” het Jordaan vertel.

Lees: Lemoene na kerk geslinger, vensters stukkend geskiet

“Ons is na buite waar ons reeds ander mense, wat ook die slag gehoor het, aangetref het.”

‘n Inwoner, wat skuins oorkant die Jordaan-egpaar woon, het nadat hy die slag gehoor het, gesien hoe ‘n voertuig wegjaag.

“Ek het in my kar gespring en dit agterna gesit maar ek kon nie die voertuig vastrek nie,” het die man gesê.

Dit blyk dat ‘n gassilinder van ‘n haarstilering apparaat tesame met vermoedelik ‘n klapper in ‘n PVC pyp by die hek geplaas is.

Dié pyp het as posbus vir die Jordaan-egpaar gedien. Dit is heeltemal vernietig en dele daarvan het die erf en sypaadjie vol gelê.

“Die hele gedoente is vir ons baie vreemd en sedertdien slaap ons nie baie rustig nie,” het Jordaan gesê.

Lede van AfriForum en die gemeenskapspolisiëringsforum het die geskokte egpaar bygestaan.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
Exit mobile version