Vertoning ten bate van breinbeseerde kind

Karlien se ouers het enorme mediese uitgawe om te dek.

Always Believe 2019 is ’n vertoning wat op 17 Augustus aangebied word ten bate van Karlien Roets.

Dié drie-jarige dogtertjie is met ernstige breinbeserings gelaat nadat ’n kombuiskas op haar geval het.

Die ongeluk het op 10 Augustus verlede jaar gebeur en die eens lewenslustig dogtertjie se lewe het daarna telkens aan ’n draadjie gehang.

Lees: VIDEO: Breinbeseerde kind (3) sterk nou tuis aan

Karlien het maande in die hospitaal deurgebring en word tans by haar ouerhuis in Afrikanerweg versorg.

Haar ouers, Karin (27) en Frikkie (31) Roets, het enorme mediese uitgawes om te dek.

Kunstenaars wat by die konsert gaan optree is Rinel Day, Francois van Rensburg, Samantha Leonard, Shaylin, Shaarmoney, Sorina Die Flooze en Vincent Gordon.

Die konsert, wat om 7nm begin, vind in die Mardi Gras Teater by Carnival City plaas.

Kaartjies is beskikbaar by www.karlienroets.co.za

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version