In die kollig: Leer vir Trudie Herbst ken

Leer die mense in ons dorp ken.

Trudie Herbst (53) is een van die huismoeders wat omsien na die kinders wat by Mother’s Nest gehuisves word. Die kinderhuis het sy ontstaan 26 jaar gelede gehad en was aanvanklik ’n veilige hawe vir vroue en kinders. Vandag word slegs kinders in die kenmerkende spierwit gebou gehuisves.

Hoe lank is jy al by Mother’s Nest betrokke?

Ek is ’n nuweling. Ek het in April by Mother’s Nest begin werk.

Watter rol vertolk jy by Mother’s Nest?

Ek is een van die huismoeders.

Hoeveel kinders word daar tans by Mother’s Nest gehuisves?

Op die oomblik is daar 10 kinders by ons, maar die getalle wissel gedurig.

Dit kan nie maklik wees om ’n “ma” vir soveel kinders te wees nie. Hoe kry jy dit reg?

Dit is ’n voorreg om die werk te doen. Kinders is vir my baie kosbaar. Mens moet net baie liefde en geduld gee.

Hoe het jy by die huis betrokke geraak?

Die pos vir ’n huismoeder is geadverteer en ek het aansoek gedoen.

Wat is die uitdagings wat jy moet oorkom?

Elke dag bring nuwe uitdagings in enige iemand se lewe. Vir my is dit net belangrik om aan elke kind genoeg liefde en aandag te gee.

Watter deel van jou werk is vir jou die lekkerste?

Ek geniet dit baie om vir die kinders kos te maak en dit is bevredigend om hulle te bederf met lekker eetgoed.

Is jy van mening dat daar genoeg gedoen word om kinders en hul regte te beskerm?

Ek glo so. Ons kan nog staat maak op die hulp en ondersteuning van welsyn organisasies.

Wat is die beste raad wat jy vir die jong mense van vandag kan gee?

Jong mense moet hul drome nastreef en poog om die doelwitte wat hulle het te bereik.

Indien jy enige ander beroep kon kies, wat sou dit wees?

Ek was voorheen ’n persoonlike assistant en ontvangsdame. Ek het dit geniet.

Wat sou jy met ’n miljoen doen?

Ek sal beslis ’n gedeelte skenk aan minderbevoorregte kinders.

Wat maak jou kwaad?

Oneerlikheid.

Wat maak jou gelukkig?

Om ons kinders gelukkig te sien.

Wat doen jy in jou vrye tyd?

Ek spandeer meeste van my tyd saam met die kinders van Mother’s Nest.

Beskryf jouself in vyf woorde.

Liefdevol, streng, regverdig, eerlik, lojaal.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version