Editor's choiceLocal newsNews

Wen met jou kunswerk

Die Herald se kunskompetisie is oop vir elke laerskoolleerder van die dorp.

Brakpan vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar en, met die oog daarop, word laerskoolleerders van die dorp uitgenooi om hul kreatiwiteit op die proef te stel en boonop ‘n paar rand in die sak te steek.

Of jy nou propvol talent is, ‘n opkomende kunstenaar is of sommer net iemand is wat dit geniet om skeppend te wees, moet jy beslis verder lees.

Al wat jy moet doen is om ‘n kunswerk te skep wat die 100ste bestaansjaar van die dorp uitbeeld of vasvang.

Ons het besluit om so min as moontlik reëls vas te lê sodat soveel moontlik leerders sal inskryf en hulself kan geniet.

Jou kunswerk kan in enige medium voorgelê word, hetsy skilderye, tekeninge, kunsvoorwerpe of fotografie.

Onthou dit is ‘n kunskompetisie en die beoordelaars sal na kreatiwiteit en oorspronklikheid kyk.

Daar is geen beperking op die grootte van jou kunswerk nie maar onthou dat kunswerke self by die Herald se kantoor ingehandig moet word.

Sorg dus dat dit darem in jou ma of pa se motor pas.

Die beoordeling sal per graad plaasvind. Daar sal dus ‘n wenner van graad een tot graad sewe aangekondig word.

Die sewe wenners sal elk ‘n R300 geskenkbewys van Sherwood Pick n Pay asook ‘n spesiale sertifikaat van die Herald ontvang.

Lees: KYK: Baba- en kleuterkompetisie wenners kry hul pryse

So moet jy maak om in te skryf:

• Slegs laerskoolleerders van die dorp mag inskryf.

• Slegs een inskrywing per leerder sal aanvaar word.

• Jou naam en van, asook die skool wat jy bywoon en die graad waarin jy is, tesame met ‘n kontak telefoonnommer van ‘n ouer, moet duidelik op jou kunswerk aangebring word.

• Kunswerke wat sonder al die bogenoemde inligting ingehandig word sal nie beoordeel word nie.

• Inskrywings moet by die Herald se kantoor te Van der Waltweg 61 ingehandig word voor of op 2 Augustus.

• Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

• Die skool wat vir die meeste inskrywings sorg sal erkenning van die Herald ontvang.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button