VIDEO: Groot verrassing vir ma wat 60 word

Lizzy was skoon in trane van geluk.

Lizzy Riley, ’n inwoner van Dalpark, sal nie sommer haar 60ste verjaarsdag, wat sy Donderdag gevier het, vergeet nie.

Inwoners van Magnoliastraat, waar sy woon, was ook deeglik bewus van haar verjaarsdag aangesien haar gesig op elke lamppaal in dié straat gepryk het.

Lizzy se twee kinders, Shawn Spamers (40) en Lee Riley (34), het besluit om hul ma se 60ste verjaarsdag een vir die boeke te maak en het Donderdagoggend om 5vm reeds plakkate van gelukwensing, met foto’s van Lizzy, aan die lamppale gaan heg.

Lizzy was ook bederf met ’n lekker ontbyt in die bed, en was redelik verbaas toe die oproepe begin instroom het.

“Ek en my broer het nog aan idees probeer dink om haar uit die huis te kry sodat sy die plakkate kon sien, maar mense wat die plakkate gesien het, het ons voorgespring.

Lees: VIDEO: Brakpan skoonheid in lyn vir Mej Suid-Afrika titel

“Ons het toe maar besluit om haar sommer in haar nagklere uit te vat en haar te gaan wys,” het Lee vertel.

“Sy het onmiddellik geweet dat dit ons handewerk was en sy kon trane van geluk nie keer nie.”

Dit was egter nie die enigste verrassing wat op Lizzy gewag het nie.

Lee en Shawn het ook ongeveer 100 gaste genooi om haar verjaarsdag Saterdag behoorlik te vier by die Heavensgate onthaalplek in Boksburg. Shawn is die eienaar van Heavensgate.

“My ma is ons grootste heldin. Sy sal haar laaste hemp uit trek om iemand anders te help.

“Daarom het ons besluit om groot te gaan en dit vir eens in haar lewe dit net oor haar te maak,” het Lee gesê.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version