Eienaar van insleepdiens sterf in ongeluk

Die eienaar van Joker Towing, Clint van Greune (47), is Saterdagaand dood nadat hy in ’n ongeluk betrokke was.

Clint se seun, Kyle (19), het die ongeluk wat sy pa se lewe geëis het gesien aangesien hy reg agter sy pa in sy eie voertuig gery het.

Die ongeluk het op Snake Road na 9nm plaasgevind.

Clint van Greune saam met sy vrou, Karen, en kinders, Kyle en Zahndri.

Volgens Clint se eggenoot, Karen (47), was hy saam met ’n vriend, Wimpie Steyn (25), in sy Isuzu bakkie en het hulle vanaf Benoni na Brakpan gery.

Volgens haar het ’n vragmotor na bewering in Clint se baan beweeg en het hy beheer oor sy voertuig verloor.

Sy bakkie het, volgens Karen, gerol en haar man is opslag dood.

Karen het gesê dat Wimpie geringe beserings opgedoen het.

Kyle, wat die ongeluk aanskou het, het dadelik stilgehou en sy ma gekontak.

Lees: Bekende in Brakpan se rugbykringe sterf

Die egpaar het ook ’n dogter, Zahndri (16), wat ’n leerder aan Hoërskool Die Anker is.

Clint het sy insleepbesigheid sowat 12 jaar gelede begin en het sedertdien ’n bekende gesig in die dorp geword.

Hy het ondermeer ’n rugbyspan, die Joker Provokers, op die been gebring.

“Hy was baie trots op sy span en dit het vir hom baie beteken,” het Karen gesê.

“Hy was ’n sportiewe mense-mens wat die lewe geniet het.

“Sy uitkyk op die lewe was altyd positief en hy het beslis ’n hart van goud gehad,” het Karen bygevoeg.

Die begrafnis vind Donderdag om 1nm vanuit die PPK  Kerk, Lighuis Gemeente, Brenthurst plaas.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version