Local newsNews

Agriforum lede woon inligtingsessie oor slagofferbystand by

Die buurtwag wil ’n positiewe verskil in ons gemeenskap maak

AfriForum se Brakpan-, Springs- en Germiston-buurtwagte het onlangs ’n inligtingsessie bygewoon wat deur AfriForum se 911 Traumaslagofferondersteuningseenheid aangebied is. Izel Kruger en Magda Coetzee van AfriForum se hoofkantoor het dié sessie gelei en ongeveer 30 buurtwaglede het dit bygewoon.

“Met die sterk groei van die Oos-Rand-buurtwagte is dit van kardinale belang dat ons buurtwaglede ingelig bly oor hoe slagoffers benader moet word wanneer lede by ’n misdaadtoneel opdaag.

“Aangesien buurtwaglede bystand verleen tydens sensitiewe voorvalle, moet ons weet hoe om in hierdie situasies op te tree,” het  Gerhard Cilliers, voorsitter van AfriForum se Brakpan-tak gesê.

“Die buurtwag wil ’n positiewe verskil in ons gemeenskap maak, maar ons is net so sterk soos ons ledetal. Ons doen daarom ’n beroep op die gemeenskap om by die AfriForum-tak betrokke te raak,” het Cilliers gesê.

Vir meer inligting kan lede van die publiek ‘n e-pos na oosrand@afriforum.co.za stuur.

 

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button