NewsSchools

Laerskool Die Arend se netbalspanne is tops

Al die spanne is as distrikwenners gekroon.

Die netbalspanne van Laerskool Die Arend het vanjaar deurentyd hul vernuf op die baan getoon en die vrugte van harde werk gepluk.

Bernadine van der Mescht (links) en Sheree van Wyk is die afrigters van die o-12A- en B-spanne.

Al die spanne, naamlik die o-10A en B, o-11A en B, o-12A en B en die o-13A en B-spanne, het die Brakpan-liga gewen.

Linell Kruger is die afriger van die o-11A- en B-spanne.

Lees: Laerskool Die Arend se rugbyspelers bring hul kant

Daarna was daar geen keer aan die spelers se toewyding nie en al die spanne, met die uitsondering van die o-12B-span, het voortgegaan om as distrikwenners gekroon te word.

Melissa Maree (links) en Chantal Wilsnagh is die afrigters van die o-10A- en B-spanne.

“Al ons A-spanne dring nou deur na die Ekurhuleni uitspeelwedstryde,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.

Volg ons:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button