Local newsNews

VIDEO: Verlore hond vind self sy pad terug huis toe

Bruno is weer hom ou self en op die herstel pad.

’n Inwoner van die dorp, Dionne Pretorius, se hart was byna in stukke toe haar geliefde honde, Bruno en Sammy, Dinsdagoggend (30 April) vermis geraak het.

“My broer, Jurgen Pretorius, was vroeg daardie oggend op pad uit om te gaan werk toe Bruno en Sammy skelm by die hek uit geglip het,” vertel Dionne.

Die gesin het so paar minute later besef dat dié twee honde nie in die erf is nie en het onmiddellik met ’n groot soektog begin.

Sammy is ’n halfuur later op die hoek van hul straat gevind maar daar was geen teken van Bruno nie.

Die gesin het die strate in die omgewing plat gery en op sosiale media geadverteer, maar soos die dae aangestap het, het hul hoop al minder geraak.

Lees: Dit gaan beter met kinders na ongeluk

“Verlede Donderdag om 1.30vm het ons ander honde verskriklik tekere gegaan.

“Ek en my man, Ben, het gedink daar is iemand in ons erf en het gaan ondersoek instel.

“Ons het gesien ons ander hond blaf na die hek se kant toe en toe Ben met die flitslig in die rigting skyn, het Bruno half agter die boom weggekruip.

“Die oomblik toe ons sy naam roep, het hy opgewonde aangehardloop gekom en reguit op die waterbak afgepyl,” vertel sy.

Dit was duidelik dat die worshond-boerboel kruising beserings opgedoen het en Bruno is die oggend na ’n veearts geneem.

“Ons vermoed dat Bruno deur ’n voertuig raakgery is, waarskynlik op dieselfde dag wat hy vermis geraak het, aangesien die beserings sowat twee weke oud was,” het Dionne gesê.

Sy een voorpoot is gebreek, een tand is uit en hy het ook ’n paar skraapmerke opgedoen.

“Die veearts het vir Bruno gips aan sy been gesit en hy is reeds op die herstelpad en weer sy ou self,” het Dionne bygevoeg.

Volg ons:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button