Vier kinders beseer toe motorfietsryer hul tref

Braam (15), Clara (8) en Decklin (5) du Plooy is saam met nog ’n kind, Jurgens Crous (10), beseer.

Christene Smit, ma van drie, het Sondag aan die Herald gesê dat sy lam van skok was toe sy haar kinders op die sypaadjie sien lê.

Christene het vertel dat die kinders op ’n fiets in die veld oorkant hul huis gery het.

“Hulle was al vier op die fiets en toe hulle die pad wou oorsteek na ons huis is hulle deur die motorfietsryer getref,” het Christene vertel.

Braam du Plooy (15) is steeds in die intensiewe sorgeenheid.

“Ek was binne in die huis besig toe my dogter Thelma (9) vir my kom sê het van die ongeluk.

“EK het uitgehardloop en die vier kinders op die sypaadjie sien lê.

“Ek het nie geweet na wie toe ek eerste moes gaan nie.

“Al drie my kinders en Jurgens het erg seergekry. Braam het vir my gesê hy is oukei en dat ek na sy sussie en boetie moes kyk.

Lees: VIDEO: Breinbeseerde kind (3) sterk nou tuis aan

“Mense het begin aankom en ’n vrou het drukking geplaas op ’n oop wond wat Decklin aan sy rug gehad het.”

Volgens Christene was nooddienswerkers gou op die toneel.

Braam, Decklin en Clara is in ’n hospitaal in Springs opgeneem terwyl Jurgens na die Verre Oosrand Hospitaal vervoer is.

Decklin du Plooy (5) se regterbeen is gebreek en het ’n wond aan sy rug opgedoen.

Braam is tans in die intensiewe sorgeenheid met ’n gebreekte regterbeen, rugbeserings en sy dunderm het volgens Christene ook gebars.

Clara se sleutelbeen is gebreek en Decklin se regterbeen is gebreek en hy het ’n wond aan sy rug opgedoen.

Jurgen het ’n besering aan sy kakebeen opgedoen en is vanoggend (Maandag) na die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal oorgeplaas vir verdere behandeling.

Volgens inligting is die motorfietsryer ook na ’n hospitaal vervoer vir behandeling.

Clara du Plooy (8) se sleutelbeen is gebreek.

Christene het groot lof gehad vir almal wat na die ongeluk gehelp het.

“Daar was so baie mense wat ons ondersteun het en ek is dankbaar teenoor almal,” het sy gesê.

Lees ook: KYK: Verlamde ma reik uit na ander

Volg ons:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version