CrimeNews

Egpaar leef in vrees na honde vergiftig is

Die egpaar is gedurig op die uitkyk vir verdagte persone.

’n Egpaar van Anzac leef in vrees nadat twee van hul honde onlangs vergiftig is en daar Donderdagnag gepoog is om hul enigste oorblywende hond ook gif in te gee.

Hester (64) en Johan (54) Nortjé van Recreationweg sorg juis, sedert die laaste voorval, dat hul hond saans binne slaap en is gedurig op die uitkyk vir verdagte persone.

“Ons Jack Russell teef, wat ons sowat vier jaar gehad het, is in Desember dood nadat sy gif ingekry het,” het Hester vertel.

“Ons was bekommerd en versigtig, maar in April moes ons weer trauma beleef toe ons pit bull kruising vergiftig is,” het sy gesê.

Die giftige mengsel is voor hul deur gelaat.

“Waar ons bly is dit juis nie baie veilig nie en daarom hou ons die honde aan om ons te waarsku, maar nou slaap ons oorblywende hond saans by ons in die kamer,” het sy gesê.

“Ek het Vrydagoggend vroeg gaan sout koop en toe ek terug keer het ek iets voor die deur sien lê.

“By nadere ondersoek was dit baie duidelik dat dit ‘Two Step’ (aldicarb) gemeng was met pienkerige vleis of iets,” het Hester gesê.

“Gelukkig was ons hond nog binne anders sou dit sekerlik die derde slagoffer gewees het.

“Ons voel werklik baie onrustig en slaap baie lig in die aand,” het sy bygevoeg.

Hester het aangedui dat sy die SAPD ingelig het van die jongste voorval.

Lees: Hond in Dalview vergiftig

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Back to top button