Dalwers pak die langpad aan

Ongeveer 126 leerders en 20 personeellede het die onderskeie toere meegemaak.

Verskeie rugby- en netbalspanne van Laerskool Dalview het die afgelope vakansie toere onderneem na ondermeer Rustenburg en Durban.

“Die resultate en terugvoer vanuit alle oorde was baie positief en die spelers en afrigters het ongelooflik baie geleer uit hierdie ervarings,” het die sportorganiseerder van die skool, Fanie Kotzé, gesê.

“Vir baie van ons leerders was dit die eerste keer by die see en dit, vanself, is ’n besondere voorreg,” het Kotzé bygevoeg.

Die o-9 en o-10 rugbyspanne het in Rustenburg te Konka gaan deelneem aan onderskeie toernooie. Daar het die spanne oorwinnings oor skole soos Laerskool Constantiapark en Laerskool Proteapark behaal.

Lees: Laerskool Dalview se Fanie is ‘n veelsydige bestuurder en afrigter

Die o-11, o-12 en o-13 netbalspanne, tesame met die o-11 rugbyspan, het die langpad KwaZulu-Natal toe aangedurf om by Sportweni hul staal te gaan wys en ook die see te gaan geniet.

“Harde lesse is geleer en goeie oorwinnings is behaal,” het Kotze gesê.

Die eerste rugbyspan het soos oudergewoonte aan die Glenwood Festival in Durban, waar die seuns harde wedstryde aangepak het ter voorbereiding vir die superliga, deelgeneem.

Na afloop van die toernooi het dié span hulself by die res van Dalview se spanne aangesluit by Sportweni en goeie oorwinnings behaal oor, onder andere, Laerskool Brits en Laer Volkskool Heidelberg.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version