Baba- en kleuter kompetisie: Stem só vir jou gunsteling

Beoordelaars het gister kop gekrap en tien finaliste in elk van die vier kategorieë, uit ‘n magdom inskrywings gekies.

Moet nie vergeet om vandag (Vrydag) en môre (Saterdag) te gaan stem vir jou gunsteling in die Herald se baba-en kleuter kompetisie.

Die publiek, familie en vriende kry vandag en môre die geleentheid om stemme uit te bring om sodoende die publiek se gunsteling te bepaal.

Al wat jy moet doen is om vandag, tussen 12uur en 4nm na die Mall@Carnival te gaan en ‘n stembrief te voltooi.

Daar sal ook môre vanaf 9vm tot 2nm gestem kan word.

Die baba of kleuter met die meeste stemme sal pryse of ‘n geskenkbewys ter waarde van R10 000 ontvang.

Die foto’s sal in die omgewing van Wi: Jump uitgestal word.

Maak dus seker dat jy vandag of môre ‘n draai by die Mall@Carnival gaan maak om vir jou gunsteling te stem.

Persone wat stem hoef nie noodwendig inwoners van die dorp te wees nie.

Lees: Baba- en kleuterkompetisie: Stem dié naweek vir jou gunsteling

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version