Baba- en kleuterkompetisie: Stem dié naweek vir jou gunsteling

Die beoordelaars het ’n moeilike taak gehad om 10 finaliste vanuit ’n magdom inskrywings in elk van die vier kategorieë te bepaal.

Indien jy jou kind vir die Herald se baba- en kleuterkompetisie ingeskryf het, moet jy beslis môre (Vrydag) of Saterdag ’n draai by Mall@Carnival gaan maak.

Die publiek, familie en vriende kry môre en Saterdag die geleentheid om te stem om sodoende die publiek se gunsteling te bepaal.

Al wat jy moet doen is om môre (Vrydag) tussen 12uur en 4nm na Mall@Carnival te gaan en ’n stembrief te voltooi.

Daar sal ook Saterdag (11 Mei) vanaf 9vm tot 2nm gestem kan word.

Die baba of kleuter met die meeste stemme sal pryse of ’n geskenkbewys ter waarde van R10 000 ontvang.

Die foto’s sal in die omgewing van Wi: Jump uitgestal word. Die naaste ingang is ingang vier.

Maak dus seker dat jy môre of Saterdag ’n draai by Mall@Carnival gaan maak om vir jou gunsteling te stem.

Persone wat stem hoef nie noodwendig inwoners van die dorp te wees nie.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version