#IMadeMyMark Duisende kiesers wag geduldig om vandag hul kruisies te trek

Dit is die sesde volledig-demokratiese verkiesing sedert die einde van apartheid in 1994.

Verkiesingsdag is uiteindelik hier en derduisende mense sal vandag hul kruisies gaan maak.

Brakpanners het dou voor dag reeds by die 14 verskillende stemlokale in die dorp aangekom om hul stemme uit te bring.

Veiligheid is ‘n prioriteit by al die stemlokale in die dorp. Lede van die Brakpan Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) is by die stempunte in die dorp teenwoordig. Op die foto (van links) is: Greg Hutton. Sarel Pitout, Michael Hutton en Prudence Mabasa.

By die stempunt by Hoërskool Die Anker het ‘n lang ry vroegoggend reeds gevorm.

Bonita van der Walt, wat in Brenthurst woon het gesê dat sy en haar man, Willem besluit het om vroeg te gaan stem omdat hulle die res van die dag net rustig wou verkeer.

Mense wat hul kruisies wou trek het geduldig gestaan en wag in ‘n lang ry by die stemlokaal by Hoërskool Die Anker.

“Ons was net voor 7vm hier en toe was die ry reeds lank maar ons gaan maar geduldig wees en wag,” het Bonita gesê.

André en Sanet van der Merwe van Brenthurst was 6.30vm by die stempunt by Hoërskool die Anker om hul kruisie te trek. Hulle was langer as ‘n uur in die ry maar het nie omgegee nie.

“Die gewag is nie so erg nie, die koue pla meer. Ek voel jammer vir die mense wat nie warm aangetrek het nie, “ het sy bygevoeg.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version