R50 000 se pryse: Laaste dag om jou kind in te skryf

Inskrywings sal nog net vandag, tot 4nm ontvang word.

Indien jy nog nie jou  kind vir die Herald se baba- en kleuter kompetisie ingeskryf het nie moet jy beslis vandag ‘n plan maak.

Benewens die feit dat jy lekker met jou kleintjie kan spog is daar pryse ter waarde van R50 000 op die spel.

Dié fantastiese prys pakket word deur die Mall@Carnival geborg en besighede wat die kompetisie steun sluit in: Baby Boom, Woolworths, Clicks, Edgars, Dis-Chem Pharmacies, Pep, Toy Zone, Jet en Baby City.

Om vir  die kompetisie in te skryf, vul eenvoudig die inskrywingsvorm hier in.

Inskrywingsvorms is ook by die Herald se kantoor beskikbaar.

Handig dan die vorm saam met ‘n onlangse foto van jou kind by die Herald se kantoor te Van der Waltweg 61, Dalview in.

‘n Nie-terugbetaalbare inskrywingsfooi van R50 moet jou inskrywings vergesel.

Kinders kan in vier ouderdomsgroepe ingeskryf word.

Een wenner sal in elke kategorie gekies word, met elke wenner wat pryse en of geskenkbewyse ter waarde van R10 000 sal ontvang.

Slegs inwoners van die dorp kan vir die kompetisie inskryf.

Die publiek sal  ook op 10 en 11 Mei die geleentheid om vir hul gunsteling by Mall @ Carnival te  kan stem.

Persone wat stemme uitbring vir hul gunsteling hoef nie noodwendig inwoners van die dorp te wees nie.

Die wenners van die kompetisie sal op 18 Mei by die Mall @ Carnival aangekondig word.

Sien die inskrywingsvorm vir volledige bepalings en voorwaardes.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version