VC Spar in Dalview het onlangs ‘n inkleurkompetisie, waaraan honderde kinders van die dorp en omliggende areas deelgeneem het, aangebied.
Thelma Koorts
Die wenners in die drie verskillende ouderdom kategorieë was (van links): Juanrich Botes (drie tot vier jaar), Melissa Shipman (agt tot 10jaar) en Alichia Nel (vyf tot sewe jaar). Die wenners het onlangs hul pryse ontvang en is vergesel deur agter (van links): Juandré Botes, July-Anne du Preez en Antoinette Nel.