Neem vir ons ’n Paasfeesfoto

Die mees indrukwekkende foto wat ons ontvang sal in die uitgawe van 19 April gepubliseer word.

Paasfees is om die draai en soos oudergewoonte word lesers van die Herald uitgenooi om vir ons mooi foto’s met ’n Paasfeestema in te stuur.

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die foto’s ’n Paasfeestema moet hê.

Verder kan lesers gerus hul verbeelding gebruik en vir ons interessante foto’s stuur.

Lees: Paasfees verrassing vir bejaardes

Die volgende is ook van toepassing:
• Foto’s moet in jpeg-formaat gestuur word en minstens 1MB wees.
• Foto’s wat digitaal gemanipuleer is sal nie in ag geneem word nie.
• Dit is belangrik dat daar ten minste een persoon in die foto is, maar daar kan meer wees. Die name, vanne en ouderdomme van almal in die foto moet verskaf word.
• Gee ’n kort beskrywing van die foto, soos waar dit geneem is.
• Foto’s wat langer as twee maande gelede geneem is sal nie kwalifiseer nie.
• Die persoon wat die foto inskryf se naam, van en telefoonnommer moet ook gemeld word.
• Foto’s kan per e-pos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za
• Meld die woord Paasfeesfoto in die onderwerpkassie.
• Foto’s kan ook by ons kantoor te Van der Waltstraat 61, Dalview, ingehandig word.
• Die sluitingsdatum vir die fotokompetisie is 15 April om 9vm.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version