Editor's noteNewsSchools

Ankers bloei al jare lank vir goeie doel

Honderde leerders van Die Anker rol jaarliks moue op om bloed te skenk.

Hoërskool Die Anker is onlangs tydens ’n toekenningsaand van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) weer eens vir die skool se getroue en volgehoue ondersteuning vereer.

Die toekenningsaand is by die Benoni Country Club vir die Oos-Rand en Vaaldriehoekstreek gehou.

Corrie van Rensburg, wat die bloedskenking by die skool koördineer, het gesê dat dit aangenaam is om erkenning te ontvang maar dat die eintlike doel van bloedskenking altyd die fokuspunt sal wees.

Lees ook: Ankers skenk 544 eenhede bloed

“Ons leerders word bewus gemaak van die belangrikheid daarvan en hoeveel die SANBD op gereelde skenkers staatmaak,” het van Rensburg gesê.

Die skool het by die toekenningsaand die trofee ontvang vir die skool wat sedert 2012 die meeste eenhede bloed in die streek geskenk het.

Lees: Anker leerders bloei vir ’n vale

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button