Massapatrollie bevorder gemeenskapsveiligheid

As taktiese vennote het SecureTech as gashere opgetree om ondermeer die radiobeheer en algemene koördinasie te huisves en behartig.

AfriForum Brakpan-tak se Gemeenskapsveiligheidseenheid (GVE) het Vrydagaand vanaf 6vm tot Saterdagoggend 6vm aan AfriForum se nasionale massapatrollie, Operasie Seestroom, deelgeneem, en strate van die dorp gepatrolleer.

Minatlou Protection Service en reaksie offisiere van CMS het ook ’n aktiewe bydra tot die massapatrollie gelewer.

Na gelang van behoefte is hulp van die SAPD en EMPD ook deur die loop van die operasie ingeroep.

Lees: AfriForum se massapatrollie goed ondersteun

Volgens Drummond Doig, tak ondervoorsitter van AfriForum Brakpan, is ’n volgehoue beleid van deursigtigheid en samewerking toenemend besig om vrugte te werp.

“AfriForum Brakpan se takbestuur bly daartoe verbind om alle rolspelers met ’n gesindheid wat gemeenskapsveiligheid bevorder te betrek en in te span teen die aanslae van destabiliseerders van ons kosbare leefwyse en veiligheid,” het Doig gesê.

“In opsomming het sowat 50 deelnemers in 25 voertuie saam 1 105km in 180 uur afgelê, om #DraersVanHoop te wees en Brakpan se strate ietwat veiliger te maak,” het Doig bygevoeg.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Vir meer plaaslike nuus besoek Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version