Rugbyseisoen in volle swang by Die Anker

Die Anker het in al die wedstryde skoonskip gemaak.

Hoërskool Die Anker was onlangs die gasheerskool tydens die jaar se eerste rugby kragmeting wat teen die Hoërskool Dinamika van Alberton gespeel is.

Die dag is gekenmerk deur die bekendstelling van Die Anker se nuwe borge en goeie rugby wat deur die gasheerskool gespeel is.

Die Anker het in al die wedstryde skoonskip gemaak.

Lees: Hoërskool Die Anker se atlete laat waai op die veld

Dit was veral die o-14 span wat aanskoulike rugby gespeel het en hul eerste hoërskoolwedstryd met 53-7 gewen het.

Die uitslae was soos volg (Die Anker se punte staan eerste, gevolg deur die man van die wedstryd):

o-14A: 53-7 Benton Giessing, o-15A: 19-5 Teegan Baatjes, o-15B: 41-5 Connor McFarlane, o-16A: 36-12 Gunter Jacobs, tweede span: 34-5 Raynardt van Vuuren, eerste span: 29-17 Brandon Smith.

Die Anker begin Saterdag hul aanslag op die NWU Prestige Sportreeks. Die eerste kragmeting sal teen Potchefstroom Gimnasium wees.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

 

Exit mobile version