Anker onderwysers en leerders ryg toekennings in

Die jaarlikse Nasionale Onderwys-toekennings het onlangs in Springs plaasgevind.

Die volgende onderwysers van Hoërskool Die Anker het met die toekenning van beste vakonderwyser in hul betrokke vakke weggestap.

Engels eerste addisionele taal: Die groep het nie die nasionale toekenning ontvang nie, maar was in die tweede plek met ‘n skrale 0.7 persent minder as die wenners. Hulle is Ardene Janse van Vuuren (voor), Sonia Froneman (middel), Alice Snyman, Elize Coffey en Christelle Rautenbach (agter).
Leerders van Die Anker wat toekennings vir die beste vakprestasies in die G5-distrik ontvang het is (van links): Tyrone Viljoen (beste presteerder in siviele tegnologie en boukonstruksie), Chané du Plooy (beste presteerder in dramatiese kunste) en Nicole Lombard (beste presteerder in Engels en ekonomie). Afwesig: Armand Smit (beste presteerder in pas en draai). Die skoolhoof, Johan Snyman, verskyn saam met die uitblinkers in die foto.
Ingenieursgrafika en ontwerp: Assie van Aswegen (links) en Stephan Killian.
Afrikaans huistaal: Drieka Botha (links), Eloïse Snyders, Lizet de Beer en Elmarié Warnick.
Hedwig Stoltz se 2018-matriekgroep het vir die vak toerisme 13 onderskeidings behaal.
Hoërskool Die Anker het ’n sewende plek op die Top 10 skole vir die G5-distrik behaal. Die hoof van die skool, Johan Snyman, het die toekenning ontvang.
Siviele tegnologie asook meganiese tegnologie – pas en draai: Louis van der Westhuizen (links) en Nan van der Westhuizen.

Lees ook: Ankers bring ook hulde aan leerders wat sterf

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Exit mobile version